Covid-beperkings moet opgehef word, meen Hill-Lewis

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê dis tyd om onsinnige Covid-19 beperkings op te hef. Dit volg nadat ‘n regeringsmemo uitgelek het waarin die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, aan provinsiale LUR’e die moontlikheid noem dat die dra van maskers in openbare ruimtes, die verbod op saamtrekke en beperkings van reisigers wat die land binnekom, opgeskort kan word. Hill-Lewis sê die oorblywende beperkings is buite verhouding en beïnvloed sekere groepe in die land onregverdig: