US Sentrum vir Epidemiologie: Reisbeperkings vanaf China onnodig  

Die direkteur van die Sentrum vir Epidemiologie by die Universiteit van Stellenbosch, Tulio de Oliveira, sê Suid-Afrika se onwilligheid om in dié stadium reisbeperkings teen China in te stel weens ‘n skerp styging van Covid-gevalle in dié land, is nie ‘n oordeelsfout nie. Die departement van gesondheid het gister dat hy die situasie sal dophou en nie in dié stadium reisbeperkings sal instel nie. Verskeie lande, wat insluit die VSA, Japan, Indië, Maleisië en Taiwan het beperkings op reisigers van China ingestel. De Oliveira sê dit is onwaarskynlik dat die huidige variant van Covid-19 in China tot groot getalle hospitalisasie sal lei.