Zimbabwiese onderwysers stroom na Brittanje

Volgens die Britse regering sal onderwysers wat in Ghana, Hongkong, Indië, Jamaika, Nigerië, Singapoer, Suid-Afrika, Oekraïne en Zimbabwe gekwalifiseer het, vanaf 1 Februarie ook by die Onderrigregulasie-agentskap aansoek kan doen vir  internasionale gekwalifiseerde onderwyserstatus in die VK. Dit volg op nuusberigte dat Zimbabwiese onderwysers al verlede jaar na die Brittanje stroom vir groener weivelde. Dié internasionale onderwyskwalifikasie is ontwerp vir Britse en nie-Britse burgers wat buite die VK woon. Setfree Mafukidze, ‘n Zimbabwiese aktivis wat tans in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.