Namibiese gesondheidsministerie besig met verskeie bouprojekte

Die Namibiese gesondheidsministerie is besig met verskeie konstruksieprojekte by nege klinieke en een gesondheidsentrum, asook opknapping en uitbreidings aan agt agt hospitale regoor Namibië. Wat gesondheidswerkers betref, het die ministerie die kapasiteit uitgebrei om mediese interns op te lei deur die insluiting van drie bykomende staatshospitale onder die internskap-program by Rundu, Swakopmund en Walvisbaai. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, is internskap-plasings vanaf 330 tot 612 internskap-poste verhoog.