UNDP: Regering moet ingryp in toerisme-sektor

Volgens die verslag van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram is toerisme-verwante bedrywe die grootste verloorders weens die Covid-pandemie. Met die verlaagde toeriste-aankomste wat dalk tot 2023 kan duur, sal die regering moet ingryp om die sektor te ondersteun en oorlewing te verseker. Belastingverligting aan die toerismebedryf sal hul kanse van oorlewing verbeter en groter internasionale prysmededingendheid op die lang termyn toelaat. Verslapte visumvereistes word ook voorgestel. Die voorsitter van die Namibiese Toer- en Safarivereniging, Nathaly Ahrens, skets aan Kosmos 94.1 Nuus die donker toekoms van die toerismesektor.