Namibiese toerismeverslag van 2020 bekendgestel

Die Namibiese toerismesektor het gereageer op die toerismeministerie se toerismeverslag van 2020 asook die verslag van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram oor die toerismesektor. Volgens die verslag het toerismebesighede, restaurante, hotelle, toergidse en ander ingesluit, ‘n 97 persent daling in aanvraag en 93 persent daling in inkomste sedert die Covid-pandemie gehad. Meer as die helfte van die besighede het afdankings gerapporteer, asook salarisbesnydings, en een uit vier vroue het hul werk in die toerismesektor verloor. Altesaam 60 persent van die toerismesektor is pessimisties oor die toekoms. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Peatzold, reageer op die statistieke terwyl sy met Kosmos 94.1 Nuus praat.