Uitspraak vandag in Rooies se saak waar hy vrygelaat wil word

Uitspraak word vandag verwag in die saak waar oudlanddros Walter ‘Rooies’ Mostert die aanklaer-generaal dagvaar om sy vervolging permanent ter syde te stel. Regter Orben Sibeya sal dit na verwagting om tien-uur lewer. Mostert sê in sy stukke dat onder andere, die uitgerekte vertraging in sy vervolging, sowel as aantygings van meineed deur getuies, en dat hy in ‘n lokval gevang is, beteken hy word onwettig vervolg en sy regte word geskend. Hy word vervolg vir korrupsie en omkopery. Die staat beweer hy het gepoog om vir verskeie Suid-Afrikaners onwettig Namibiese burgerskap probeer bekom, teen betaling. Daar is ook klagtes van ontsnapping waar hy uit die Auas Hills mediese fasiliteit ontsnap het en vir verskeie maande in Suid-Afrika weggekruip het. Hy is weer in Maart verlede jaar aangekeer toe hy die land binnegekom het.