Kanime sê sy grootste sukses is die sukses van die mag

Die hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime, verlaat vandag die mag. Hy was sedert die stigting van die mag in 2004, die hoof. Die mag het amptelik as volle polisiediens in 2006 begin. Sedertdien het die mag hard gewerk op nuwe elemente soos gemeenskapspolisiëring en groot suksesse behaal. Kanime sê die grootste sukses vir hom is die ontwikkeling van die metro-polisie in die mag wat hy vandag is.