Uitslae in SA sal vanaand 90% voltooi wees, as ligte aanbly

Die hoof van die Suid-Afrikaanse verkiesingskommissie, Sy Mamabolo, sê na raming sal 90 persent van die uitslae teen vanaand afgehandel wees. Dit is as die ligte aanbly. Die kommissie onderhandel op die oomblik met Eksom dat dit wel geskied. Die oorblywende 10 persent behoort dan binne 24-uur afgehandel te word. Vroeër vanoggend was 27 persent van die 64 502 verwagte uitslae bekend. Die Noord-Kaap het 74 persent van sy uitslae voltooi, gevolg deur die Wes-Kaap met 46 persent en die Vrystaat derde met 26 persent: