Media-maatskappy soek steeds N$14m by SPYL

Die saak waar die Swapo Jeugliga vir net meer as 14 miljoen dollar gedagvaar word, sal neergelê word vir verhoor. Die partye kon nie ‘n skikking bereik nie. Die aansoeker in die saak, True Media Trading sê hy het ‘n ooreenkoms met die sekretaris-generaal van die liga, Ephraim Nekongo, op 9 Julie 2018 onderteken om vir die liga ‘n geïntegreerde lidmaatskapstelsel te ontwerp en implementeer. Die stelsel is ontwerp en reeds in November oorhandig en die liga maak volgens die stukke voor die hof, gebruik daarvan. Die liga het ook skriftelik sy tevredenheid met die stelsel op 23 Februarie 2019 bevestig. Die saak, wat verdedig word, word deur regter Shafimana Ueitele aangehoor.