Uhm… voëls het selfbeheersing

Nuwe navorsing het bevind voëls hét selfbeheersing. Die studie toon die Eurasiese gaai kan ‘n aanloklike peuselhappie weerstaan, as hulle weet om te wag sal selfs ʼn beter een oplewer. GoodNewsNetwork berig die gaais in die studie is meelwurms, kaas of brood aangebied, hul eerste, tweede en derde gunsteling happies. Al die voëls in die eksperiment het die toets geslaag deur die lekkerny wat onmiddellik beskikbaar was te ignoreer totdat ‘n skerm verwyder is om hulle toegang tot hul voorkeurkeuse te gee. Een besondere slim voël, genaamd JayLo, het ‘n stukkie kaas geïgnoreer en ‘n volle vyf-en-‘n-half minute vir ‘n meelwurm gewag.