Werkloosheid: Dis nie hoeveel gegradueerdes nie, eerder die kwaliteit

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur President Hage Geingob wat meen die sukses van gratis onderwys en befondsing van studente, ‘n ooraanbod van gegradueerdes in die mark geplaas het en daarom is jeugwerkloosheid so hoog. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah, stem nie saam nie en sê in werklikheid is die kursusse en die modules wat die kursusse bevat, wanaangepas vir die plaaslike arbeidsmark.