Tasbare ondersteuning nodig vir klein sakeondernemings

Die Stad Kaapstad sê die ondersteuning van klein sakeondernemings moet tasbaar wees en hul bestaan moet erken word, aangesien hulle die voedingsbron van vernuwing en werkskepping in Suid-Afrika is. Vroeër vandeesweek het ‘n raadslid van Kaapstad, James Vos, saam met verskeie Kaapstadse entrepreneurs die plegtigheid van die voltooiing van hul Hoë Impakverskaffer-ontwikkelingsprogram bygewoon. Vos sê die program het opleiding verskaf aan 20 Kaapstadse handelaars oor die verbetering van kommerwekkende kwessies, soos die uitskakel van afval en toename in winsgewendheid: