Ugandese kindersoldaat 25 jaar tronk toe

‘n Voormalige Ugandese kindersoldaat is 25 jaar tronkstraf opgelê deur die Internasionale Strafhof in Den Haag, Nederland. Dominic Ongwen, wat later ‘n rebellebevelvoerder geword het, is in Februarie skuldig bevind aan 61 aanklagte. Dit sluit verkragting, seksuele slawerny, kinderontvoering, marteling en moord in. Die 46-jarige Ongwen is in 2015 in hegtenis geneem. Die hof sê die trauma in sy kinderjare en dat hy op 9-jarige ouderdom ontvoer en gemartel is, is waarom hy nie lewenslank gevonnis is nie.