Harry Simon Junior dalk in kryt teen Mayweather

Namibiese bokser Harry Simon Junior, seun van een van die beste professionele boksers, Harry Simon Senior, kan dalk binnekort sy grootste boksgeveg hê. Hy gaan moontlik teen die Amerikaner Justine Mayweather in die bokskryt klim. Mayweather is Floyde Mayweather se jogner broer. Die boksgeveg wat moontlik in Augustus in Zimbabwe gaan plaasvind, kan Simon se opponent se laaste geveg wees. Dit moet nog bevestig word.Harry Simon Senior vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat hy tans sy seun se afrigter is en hoop om van hom ‘n topbokser te maak.