Kwalifiserende wedstryde vir Sokker Wêreldbeker uitgestel

Die kwalifiserende wedstryde vir die Sokker Wêreldbeker is met drie maande uitgestel. Dit word beskou as ‘n groot hupstoot vir Bafana Bafana se nuwe afrigter, Hugo Broos. Die Belg se aanstelling is gister bekend gemaak na die afdanking van Molefi Nsteki. Broos sal na verwagting volgende week in Suid-Afrika aankom. Die wêreldliggaam, Fifa, het die kwalifiserende wedstryde tot September uitgestel ná skerp stygings in Covid-gevalle in talle lande aangemeld is. Die Wêreldbeker sal volgens beplanning volgende jaar in Katar aangebied word.