Twee verskyn op heksery-klag

Die Namibiese Albinisme-vereniging Trust het vanoggend by die Katutura-landdroshof bymekaar gekom om borg vir twee verdagtes Fred Simasiku en Obrien Liwelu, teen te staan. Die twee, beide van die Kavango-streke af, is ingevolge ‘n 1933 wet in verband met heksery aangekla nadat hulle opsoek was na organe van mense met albinisme. Hulle wou die liggaamsdele aankoop. Die leier van die trust, Joseph Ndinomupya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.