Buitelanders stoot kredietverlening op

Privaatsektor kredietverlening het op 4,5 persent vir Mei op ‘n jaargrondslag ingekom teenoor 3,8 persent wat in April gemeet is. Volgens Cirrus in die hoofstad verteenwoordig dit die beste groei sedert die Covid-pandemie begin het. Die totale skuld staan tans op 109,1 miljard Namibiese dollar. Cirrus sê dat privaatsektor krediet vir Namibiese inwoners met net 0,3 persent teenoor die vorige maand gegroei het maar, die groot styging is aangedryf deur buitelanders. Die groep se kredietverlening het met 11 persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Die makelaarsfirma sê dit is te danke aan groot oorgrens transaksies.