Twee Namibiërs pak (weer) die Munga

Die Namibiese fietsryers Leonard Martin en Martin Fryer sal vanjaar deelneem aan een van die uitdagendste bergfietswedrenne, die Munga-fietsrybyeenkoms wat van 30 November tot 5 Desember in die Karoo in Suid-Afrika plaasvind. Bergfietsryers het 120 uur of vyf dae om 1 000 kilometer te ry en die afsnypunt te maak. Tydens die wedren is daar vyf plekke waar ryers kan slaap, eet en stort, plus tien waterpunte waar hulle peuselhappies kan geniet en water kan volmaak. Leoard sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is sy sesde Munga.