ActionSA lê klag teen Tshwane-burgemeester

ActionSA het ‘n formele klag ingedien teen die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, vir die beweerde oortreding van die gedragskode wat verband hou met die voorstel oor kragopwekking deur die Kratos-konsortium. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Michael Beaumont, sê tydens ‘n vergadering van die nasionale leiers van die koalisievennote vroeër die maand in Tshwane, is saamgestem dat daar ingevolge die gedragskode ʼn saak uit te maak is waarvoor Williams verantwoording moet doen: