Twee kleintjies brand dood in huis op Grootfontein

Twee minderjarige kinders is Maandagoggend onherkenbaar verbrand in ‘n informele woning wat deur ‘n brand in die Blikkiesdorp-informele nedersetting by Grootfontein verwoes is. Die woordvoerder van Nampol in die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha, sê die twee broers en susters is geïdentifiseer as die negejarige Willy, en die sesjarige Anna Elias. Die brand het tussen agt-uur en nege-uur die oggend ontstaan. Die twee kinders was in die huis toegesluit terwyl hul ma hout gaan haal het. Lede van die gemeenskap kon nie die kinders bystaan nie. Die ondersoek duur voort.