Olie en welvaart – hoe gemaak?

Daar is baie belangstelling in Namibië se moontlike oliebronne nadat TotalEnergies en Shell, noemenswaardige bronne aflandig in die verre Suide van die land ontdek het. Maar, olie is nie altyd ‘n seën nie en talle lande met die bron, veral op die vasteland, het groot uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het met Jason Kasuto, besturende direkteur by Monasa Advisory and Associates gesels oor wat Namibië kan doen dat almal voordeel uit die bronne trek.