Australië stoot repokoers op, dis nou 0,35%

Australië se sentrale bank het die eerste keer in meer as ‘n dekade rentekoerse verhoog. Die hoofleningskoers is met 25 basispunte tot 0,35 persent verhoog. Dit is die eerste verhoging sedert 2010. Die verhoging kom ná voorspellings van ‘n heelwat kleiner verhoging van 15 basispunte. Luidens berigte is die verhoging ‘n desperate poging om inflasie, wat die hoogte in skiet, te temper. Die inflasiekoers het ‘n jaarlikse koers van 5,1 persent behaal en het daartoe gelei dat pryse teen die vinnigste tempo in twee dekades styg.