Twee grootste reddingspoging van seëvoels was ‘n sukses

Die tweede grootste redding van seevoëls in Suid-Afrika wat verlede jaar in Januarie plaasgevind het, was ‘n sukses. ‘n Woordvoerder van die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls, Ronnis Daniel, sê hulle het hul hande vol gehad om te sorg vir die twee-duisend Kaapse kormoran-kuikens wat van Robbeneiland en Jutteneiland ontvang is. Die voëls is twee keer per dag individueel gevoer en het oorleef. Hul is vrygelaat toe hulle na hulself kon omsien.