Noorweegse ekstremis wil vir parool hê ná hy 77 mense vermoor het

Die regsgesinde ekstremis Anders Behring Breivik het vandag in ‘n hof in Noorweë om parool aansoek gedoen. Dis slegs tien jaar nadat hy 77 mense in dié land vermoor het. Die 42-jarige Breivik se verhoor word weens veiligheidsredes in die gimnasium van die tronk waar hy aangehou word, gehou. Hy het die Nazi-saluut gegee toe die drie regters ingestap het. Die families van die slagoffers vrees Breivik gaan die drie dae van sy verhoor gebruik om sy politieke sienings te verkondig. Die verhoor word regstreeks uitgesaai.