NWR stem saam toerismesektor moet ingeënt word

Namibian Wildlife Resorts het gereageer op die Namibiese toerismeminister, Pohamba Shifeta, wat vandag die toerismesektor se Covid-inentingsveldtog van stapel gestuur het. Die veldtog is daarop gemik om deelname van werknemers en besighede in die toerismesektor te verhoog om vrywillig aan die inenting teen Covid-19 deel te neem. Shifeta sê dit sal gesondheidsrisiko verminder waar gaste gehuisves word. Hy versoek alle groot instellings om maatskappy-inisiatiewe te dryf en werknemers positief te betrek om die inentingskoers in die toerismesektor te verhoog. Nelson Ashipala, woordvoerder van die NWR, het dié toerismemaatskappy se standpunt oor inentings sá aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.