Red Bull se ontwerp-hoof verlaat span

Red Bull se hoof van ontwerp, Adrian Newey, gaan volgens berigte ná bykans twee dekades die Formule Een-span verlaat. Die 65-jarige Newey is ongemaklik oor die bewerings van seksuele teistering deur ‘n vroulike werknemer teen die spanbaas, Christian Horner. Horner is in ‘n interne ondersoek onskuldig bevind. Newey was in die beheer van die ontwerp van die motors wat ál 13 van Red Bull se wêreldtitels verower het.