Swapo Party bespreek kwessie van korrupsie

Die Swapo Party van Namibië het ‘n vandag ‘n mediakonferensie gehou om partysake te bespreek, veral die kwessie van korrupsie wat die naam van die party deur die modder gesleep het. Swapo se woordvoerder, Hilma Nicanor, het gesê dit is diskriminerend vir mense om te sê as jy ‘n lid van van ‘n politieke party is of as jy ‘n sekere posisie beklee, jy nie aan besigheidsaktiwiteite mag deelneem nie. Nicanor sê dit is ongrondwetlik.