Tsumeb herhaal waarskuwing oor watertekorte
Die Tsumeb-munisipaliteit herinner inwoners daaraan dat sy herstelwerk aan die dorp se hoofwaterreservoir, die Tupperwaredam, steeds voortgaan. Inwoners moet versigtig met waterbronne werk met onderbrekings in watertoevoer en lae druk wat ervaar kan word. Die werk kom ná maande se gesukkel om die dorp van water te voorsien wat aan standaarde vir menslike gebruik voldoen. In Desember het Dundee Precious Metals ‘n hoë vlak van mikroörganismes in die dorp se water opgespoor. Stella Imalwa-Nangolo, dorpswoordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die munisipaliteit sê verder dat hy die sperdatum vir registrasie van inwoners wat geld aan die owerheid skuld, maar gesterf het, verleng het tot 17 Mei. Familielede moet bewys van die uitstaande rekening en die doodsertifikaat by die munisipaliteit indien om registrasie te bewerkstellig. Die skuld sal dan afgeskryf word.