Tshwane skep werk vir 7 000 in openbare werke-program

Die Stad Tshwane het ‘n loting vir die uitgebreide openbare werke-program gehou wat 7 000 deelnemers betrek het om volgende maand te begin werk. Die loting sluit al sewe die metro se streke in. Die burgemeesterskomiteelid vir maatskaplike ontwikkeling en gemeenskapsdienste, Peggy de Bruin, sê suksesvolle kandidate sal verskillende take uitvoer wat die stad sal help om verskeie dienste in gemeenskappe te lewer.