Tshwane-burgemeester: Ondersoek na growwe finansiële wangedrag

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, het bekendgemaak dat growwe finansiële wangedrag in die stad onderworpe sal wees aan ʼn forensiese ondersoek. Hy het verslag gedoen oor die huidige stand van die metro se finansiële status en die vordering met pogings om die finansies bestendig te maak en vordering van inkomste te verbeter. Brink hou vol die stad se ellendes is by die vorige administrasie geërf. Hy bevestig egter daar sal gevolge wees sodra die ondersoek afgehandel is.