Trustco wen dringende hofaansoek teen JSE

In die nadraai van ‘n hofstryd van reuse-omvang, het Trustco uiteindelik gesien dat geregtigheid seëvier, aangesien sy dringende interdik om die Johannesburgse Aandelebeurs, die JSE, te weerhou om sy notering op te skort, vandag geslaag het. Trustco sê dit het vir hulle nodig geword om ‘n dringende aansoek by die hooggeregshof van Suid-Afrika in te dien om te verhoed dat die JSE sy onregverdigde uitgereikte skorsingsbesluit afdwing. Dit is die tweede dringende aansoek wat Trustco suksesvol teen die JSE in die hooggeregshof gewen het. Quinton van Rooyen Junior van Trustco sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is goeie nuus vir die 3 000 aandeelhouers.