Suid-Afrika gaan alle slaggate op paaie herstel

Die Suid-Afrikaanse departement van vervoer het vandag ‘n nasionale projek van stapel gestuur om alle slaggate op die land se paaie te herstel. Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het vandag die veldtog bekend gestel en gesê Operasie Vala Zonke is deel van ‘n veldtog van 16 maande, wat fokus op die herstel van provinsiale en munisipale paaie. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.