Nanso hou Vrydag ‘n massa-saamtrek

Die leierskap van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso gaan Vrydag ‘n massa-mobilisasie-saamtrek in Windhoek aanbied. Die saamtrek sal dien as die amptelike bekendstelling van Nanso se #RoadTo400kMembers-veldtog, en die Internasionale Jeugdag vier. Die saamtrek sal begin met betogings, waar vier groot groepe sal betoog oor hul belangrikste kwessies naamlik digitale inklusiwiteit, en inligtingstegnologie-infrastruktuur in skole, gehalte basiese onderwys, hoër-onderwysbefondsing en studente-verblyf, geestesgesondheid en welstand. Daar sal ook optredes deur verskeie kunstenaars soos Gazza, Top Cheri, Adora, Dj Castro en vele ander wees, asook uitstallings. Dorthea Nangolo, Nanso se woordvoerder, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.