Trump uitgejou ná hy inentings aanbeveel

Amerikaanse oudpresident Donald Trump se ondersteuners het hom uitgejou toe hy hulle op ’n saamtrek aangemoedig het om hulle teen Covid-19 te laat inent. Trump het op ’n saamtrek in Cullman, Alabama, gespog dat drie entstowwe, dié van Pfizer, Moderna en Johnson en Johnson, in minder as nege maande tydens sy presidentskap ontwikkel is. Hy het voorgestel dat sy ondersteuners hulle laat inent. Kort daarna het die skare hom begin uitjou. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *