Meerderheid in Mangaung gekant teen onteiening sonder vergoeding

Die portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur in Suid-Afrika het onlangs openbare verhore afgehandel oor onteiening sonder vergoeding in die Vrystaat. Die komitee se voorsitter, Nolitha Ntobongwana, sê die meerderheid deelnemers van die Mangaung-munisipaliteit maak beswaar teen die wetsontwerp uit vrees dit hou onbedoelde gevolge vir armes in.