Trump het veel te sê oor bedrog-saak

Die prokureur-generaal van New York, Letitia James, sê die gewese Amerikaanse president, Donald Trump, is nog nie uit die verknorsing nie omdat hy steeds aanspreeklik gehou word vir sy wydlopende bedrog. Dit volg nadat die New Yorkse appèlhof hom toegelaat het om ‘n verlaagde waarborg van 3,3-miljard Namibiese dollar te verskaf terwyl hy appelleer teen ‘n reuse-boete vir bedrog teen hom, sy volwasse seuns en sy maatskappy. Trump sê hy gee die waarborg met kontant as sekuriteit.