Trudeau kondig verkiesingdatum aan

Kanada se premier, Justin Trudeau, het aangekondig ‘n vroeë verkiesing sal op die 20ste van volgende maand in dié land plaasvind in die hoop dat kiesers sy regering se hantering van die Covid-19-pandemie sal beloon. Die premier, wat sedert 2015 in die amp is, het goewerneur-generaal Mary Simon gevra om die parlement te ontbind. Jagmeet Singh, leier van die New Democratic Party, sê Trudeau se besluit is selfsugtig. Trudeau sê egter die verkiesing kom op ‘n belangrike stadium: