Ons sal nie Shark Island goedsmoeds vernietig: Namport

Namport staan gereed om die Lüderitz-hawe aansienlik uit te brei, om voorsiening te maak vir verhoogde verskeping van vrag, asook die ontluikende olie- en gasbedrywe. Daar is egter bekommernisse dat die histories sensitiewe Shark Island in die slag gaan bly. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Elias Mwenyo, die hoof van kommersiële dienste by Namport, wat sê navorsing sal eers gedoen word voor enige bou werk begin.