TransNamib se werkers stem vir staking

TransNamib se werkers het gestem ten gunste van ‘n staking. Die maatskappy is volgens die Namibiese Vervoer- en Geallieerde Werkersvakbond, Natau, reeds daarvan ingelig. Sou geen tussentydse skikking bereik word nie sal die werkers Woensdag begin staak soos Narina Pollman, sekretaris-generaal van Natau verduidelik.