US$48 miljard se oliewinste in 3 maande in Saoedi

Saoedi-Arabië se oliereus Aramco het sy hoogste kwartaallikse wins gerapporteer. Die maatskappy het 48,4 miljard Amerikaanse dollar in wins aangeteken, meer as dubbel wat in die vorige kwartaal aangeteken is. Die maatskappy sluit aan by al die ander olie-reuse wat ook winste in die miljarde aangeteken het. Oliepryse het die hoogte ingeskiet met vraag wat na die pandemie gegroei het, gepaard met streng sanksies teen Rusland. Intussen word daar ook berig dat Kingdom Holding in Saoedi-Arabië belê het in die Russiese energiemaatskappy Gazprom, Rosneft en Lukoil. Volgens die maatskappy val die beleggings onder sy 3,4 miljard Amerikaanse dollar se beleggingsprogram vir die volgende drie jaar.