Ramaphosa kry finale verslag oor beweerde korrupsie

President Cyril Ramaphosa het die finale verslag van die Spesial Ondersoekeenheid ontvang oor bewerings van korrupsie in die verkryging van persoonlike beskermingstoerusting aan die begin van die Covid-19-pandemie. Die waarnemende woordvoerder van die Presidensie, Tyrone Seale, sê Ramaphosa sal die publiek ingelig hou oor vordering met die saak. Seale voeg by die Presidensie sal dit op so ‘n manier doen dat inligting bewaar word en gebruik kan word in vervolgings, siviele aksie of dissiplinêre optrede. Die SOE het vyf-duisend-en-54 onreëlmatige kontrakte van R14,8-miljard ondersoek wat met Covid-19-verkryging in die openbare sektor verband hou.