Toilette in banke: Wat van die veiligheidsrisiko?

Veiligheidsrisiko’s by banke moet eers ondersoek word voor toiletgeriewe vir die publiek by banke beskikbaar gestel word. Die voormalige burgemeester van Windhoek en leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda het ‘n skrywe aan die Bank van Namibië se goewerneur Johannes !Gawaxab gerig en gesê dat toiletgeriewe in banke vir kliënte beskikbaar gestel moet word. NamPol se afgetrede kommissaris Hermie van Zyl gee sy mening uit ‘n veiligheidsoogpunt.