Belasting: 265 000 skuld N$162 miljard

Die Namibiese Inkomste-agentskap, bekend as NamRA het in die afgelope finansiële jaar 71 persent van sy geteikende inkomste van 49,4 miljard Namibiese dollar ingevorder maar, net minder as 265 000 belastingbetalers skuld die ministerie van finansies 162 miljard dollar in uitstaande betalings. Daar is op die oomblik ‘n verligtingsprogram waar belastingbetalers wat voor 31 Januarie op die aanlyn Itas-stelsel registreer, geen boetes hoef te betaal nie as 75 persent van die uitstaande belasting betaal word. Tot dusver het 23 000 besighede en 11 000 individue gebruik gemaak van die program en NamRA het 8 miljard dollar in boetes en 265 miljoen dollar in rente afgeskryf.