SA se voertuigverkope vertoon beter

Verkope van nuwe voertuie in die buurland het vanaf 2020 tot verlede jaar met 22,1 persent gestyg. Die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika sê binnelandse ekonomiese ontwrigting het verkope nie te veel geraak nie. Dit sluit die burgerlike onrus in, asook die kuberaanval op Transnet se bedrywighede, die drie weke lange staking in die staal- en ingenieursektor, die aangepaste vlak 4-inperking in die tweede helfte van die jaar, rekord brandstofpryse en die eerste rentekoersverhoging in drie jaar. Voertuiguitvoere het vanaf 2020 tot verlede jaar met 8,8 persent toegeneem.