Toerisme-werkswinkel op Swakopmund aangebied

‘n Gratis toerisme-werkswinkel sal op 14 Junie op Swakopmund aangebied word. Belanghebbendes in die toerismesektor word uitgenooi om die werkswinkel vanaf half-nege die oggend tot een-uur die middag by die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre te woon oor toerismerisiko’s en -veerkragtigheid. Die werkswinkel word deur Unam, die Duitse samewerkingsagentskap GIZ en reisagentskap DKKV aangebied om volhoubare toerisme-ontwikkeling te bevorder. Die projekleier, dr. Selma Lendelvo, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.