Ramaphosa skors Openbare Beskermer

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het ooreenkomstig die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, besluit om advokaat Busisiwe Mkhwebane met vandag 2022 uit die kantoor van die Openbare Beskermer te skors. Advokaat Mkhwebane sal geskors bly totdat die artikel 194-proses in die Nasionale Vergadering afgehandel is. Volgens ‘n mediaverklaring het Ramaphosa sy verpligting nagekom om advokaat Mkhwebane ‘n regverdige verhoor te gee deur volgens haar genoegsame tyd en geleentheid om voorleggings te maak.