TLU verwelkom IMF se boodskap

Die Transvaalse Landbou-unie sê hy verwelkom die sterk bewoorde boodskap van die Internasionale Monetêre Fonds aan die Suid-Afrikaanse regering. Die IMF het ná sy onlangse sending na Suid-Afrika gesê sonder doelgerigte optrede om hindernisse in die pad van belegging uit die weg te ruim en voordat die regering nie minder geld leen nie, sal die buurland nie volhoubare groei- of werksgeleenthede kan skep nie. John Rankin van TLU sê dit is goed die IMF sien die land se probleme raak, waaronder te veel skuld, swak infrastrukteer, en te veel toelaes.