‘Tiger gaan nie sommer net speel nie’

Tiger Woods se voormalige afrigter, Butch Harmon, glo die vyftienmalige major-wenner gaan nie sommer net speel nie. Woods sê hy gaan ‘n deurdagte besluit neem of hy aan volgende week se Meesters gaan deelneem. Die gewese nommer een in die wêreld herstel steeds van ‘n beenbesering wat hy 14 maande gelede in ‘n motorongeluk opgedoen het. Harmon sê die Augusta National is ‘n moeilike baan: