Vermeende moordenares van neef trek bortogaansoek terug

‘n Suid-Afrikaanse vrou wat aangekla word van die moord op ‘n 16-jarige familielid, het vandag haar borgtogaansoek in die Tsakane distrikshof in Gauteng laat vaar. Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die 36-jarige Andile Mthembu staar aanklagte van moord en regsverydeling in die gesig. Mthembu is op 1 April gearresteer, nadat haar seun foto’s van die voorval aan ‘n familielid in KwaZulu-Natal gestuur het. Familielede het daarna die polisie gekontak en Mthmebu het die plek waar sy haar familielid se liggaam begrawe het, uitgewys.